Dumela Flat 35

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dumela Flat 35 is deel van die Dumela Holiday Resort in Margate op die roemryke Hisbiskuskus wat welbekend is vir sy gasvryheid. Dumela is met trots een van die mees uitstaaande familie-oorde aan die Natal se Suidkus, met verskeie geriewe. Dit sluit 'n beeldskone patio in wat uitkyk oor die haainette van die goue strand van Margate met die warm water van die Indiese Oseaan. Die patio het 'n swembad, 'n swembadjie vir die kinders, 'n droë kroeg met 'n rietdak en braaigeriewe.

Die woonstel is op die tweede vloer geleë met 'n balkon en beeldskone uitsigte. Die hoofslaapkamer het 1 dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 1 stapelbed en 2 enkelbeddens. Daar is 'n gemeenskaplike, tweede badkamer. Die kombuis is toegerus met selfsorg-geriewe met 'n eetkamer met 4 stoele. Die sitkamer het 'n klein rusbank met ekstra sitplekke waar gaste die platskerm-TV kan gebruik.

Daar is hope pret te hê met die ontspanningsgeriewe op die perseel. Buiten die swembad, is daar ook 'n sauna, gimnasium, sonbed, 'n klein tennisbaan, 'n speelpark vir die kinders met 'n wipmat, 'n speletjieskamer met 'n pooltafel, veerpyltjies en tafeltennisgeriewe. Daar is 6 beeldskone gholfbane binne 'n halfuur se ry en nog heelwat ander binne 'n uur se ry. Daar is 'n Spar-supermark, drankwinkel en apteek binne loopafstand.

Slaapplek

'n Bespreking by Dumela Flat 35 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dumela Flat 35 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za