Dumont Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dumont Guesthouse is in 'n rustige woonbuurt met 'n asemrowende uitsig oor die Paarl en op die Drakensteinberge.

Daar is 1 moderne gesinseenheid en 1 dubbelbed-eenheid. Elke kamer het tee- en koffiemaakgeriewe, 'n waaier en 'n elektriese kombers.

Die gesinseenheid het 2 kamers. Die Natida-kamer het 'n dubbelbed met 'n aparte, moderne badkamer wat gedeel word met die Erica-kamer. Die Erica-kamer het 3 enkelbeddens. Dié 2 kamers het 'n privaat ingang en is ideaal vir 'n gesin.

Die Koning Protea-kamer het 'n dubbelbed en 'n moderne en suite-badkamer. Hierdie kamer bied toegang tot 'n stoep en het 'n privaat ingang.

Daar is 'n gemeenskaplike oopplan-sitkamer, -kombuis en -eetarea en 'n stoep met 'n uitsig op die Drakensteinberge. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Dumont Guesthouse is 57 km vanaf Kaapstad se middestad en 50 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dumont Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za