Dunbar Self-catering House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dunbar Self-catering House is 'n nuut geboude en modieuse dubbelverdiepinghuis met selfsorggeriewe en see-uitsigte in Leisure Bay. Dit is stapafstand van die strand af.

Die huis het gehalte-afwerkings en pragtige teëls. Daar is slaapplek vir 12 gaste in 6 slaapkamers. 'n Swembad is onlangs bygevoeg.

Die boonste deel van die huis beskik oor 'n oopplan-kombuis, -eetkamer, -sitkamerarea, kroeg en onthaalarea. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Die kroeg en sitkamer het glasskuifdeure wat op 'n geteëlde onderdakstoep met 'n ingeboude braai oopmaak. Dit bied pragtige uitsigte van die netjiese tuin en see. Daar is ook 'n gastetoilet op dié verdieping.

Die onderste deel van die huis is die slaaparea. Die eerste en tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Dié twee kamers bied toegang tot 'n geteëlde onderdakstoep. Die derde, vierde en vyfde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed. Die sesde slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die huis het 'n dubbelmotorhuis met outomatiese deure en dit bied direkte toegang tot die huis vir jou veiligheid. Die eiendom is omhein en het 'n geplaveide oprit en 'n elektriese hek.

Kom en geniet die beste verblyf by die see.

Slaapplek

'n Bespreking by Dunbar Self-catering House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dunbar Self-catering House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 500 per nag (plek vir 12)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za