Dundonald Lodge
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3. Geldig vir verblyf vanaf 20 Mrt 2024 tot 1 Apr 2024.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 15 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lloyd-weg 20, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R850R638 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Dundonald Lodge bied gerieflike selfsorgverblyf met 'n pragtige uitsig oor Port Elizabeth (Gqeberha) se Baakensvallei. Hierdie lodge is op 'n skuins erf geleë en die voëllewe is volop. Dié eiendom is vir gesinsbesoeke of werkspanne geskik en bied lae tariewe per persoon. Let wel dat die tarriewe vir die hele eenheid is.
Weens die langdurige droogte het Port Elizabeth gereeld waterprobleme, maar dié verblyf het privaat watertoevoer. Gaste moet dit egter spaarsamig gebruik. Daar is ook 'n kragopwekker vir beurtkrag.
Gaste kan tussen 4 eenhede kies, naamlik Dundonald Lodge, Dundonald Sunrise Suite, Dundonald Studio en die Karibu Suite. Gesamentlik is daar slaapplek vir 13 gaste.
Dundonald Lodge bied 'n hoofleefarea met sitplek by die TV, 'n toonbank vir ontbyt en 'n kombuis. Die kombuis is met die gewone klein toebehore, 'n roostermikrogolfoond, elektriese oond, gasstoof, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Gaste kan hul maaltye om die etenstafel met sitplek vir 6 op die onderdakdek geniet. Die dek het 'n uitsig oor die privaat braai-lapa. Die lodge is rolstoelvriendelik.
Dié lodge het slaapplek vir 6 gaste en het 'n hoofslaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens. Op die onderste verdieping is die derde slaapkamer wat 'n enkelbed en 'n solderarea het. Die solderarea word deur 'n leer bereik, dit het 'n enkelbed en is nie geskik vir klein kinders of bejaardes nie. Elkeen van die slaapkamers het ingeboude kaste. Die eerste badkamer het 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort.
Dundonald Studio bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed. Die Sunrise Suite en die Studio word deur 'n skakelkamer verbind. Die skakelkamer bied slaapplek aan 3 gaste en het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die Studio kan alleen bespreek word met slaapplek vir 2, maar die skakelkamer kan nie alleen bespreek word nie. Hierdie 2 eenhede deel 'n badkamer met 'n stort. Die Studio het 'n eetarea en die skakelkamer het 'n leefarea. Die kombuis is met 'n yskassie, roostermikrogolfoond, induksiestoof, ketel en 'n broodrooster toegerus. Onderdakbraaigeriewe is vir die Studio- en Sunrise Suite-gaste in die tuin beskikbaar. Dit is 40 m se stap vanaf die eenhede.
Die nuut-toegevoegde Karibu Suite is 'n ruim en bied slaapplek aan 2 gaste, het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Dié suite het 'n volledig toegeruste kombuis en gaste het toegang tot gratis WiFi en veilige parkeerplek op die perseel vir 1 voertuig.
Gratis WiFi en veilige parkeerplek vir 1 voertuig is op die perseel beskikbaar. Die lodge is naby die lughawe, hospitale, winkels en 'n restaurant. Port Elizabeth (Gqeberha) het ongelukkig nie betroubare vervoer nie, maar minibus-taxis en Uber is wel beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Lloyd-weg 20, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
- Gaste dink Dundonald Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Walmer Gqeberha (Port Elizabeth) Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 15 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lloyd-weg 20, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom