Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dundonald Lodge

Naweekaanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 18 Apr 2024 tot 22 Apr 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lloyd-weg 20, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 R680 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Dundonald Lodge bied gerieflike selfsorgverblyf met 'n pragtige uitsig oor Port Elizabeth (Gqeberha) se Baakensvallei. Hierdie lodge is op 'n skuins erf geleë en die voëllewe is volop. Dié eiendom is vir gesinsbesoeke of werkspanne geskik en bied lae tariewe per persoon. Let wel dat die tarriewe vir die hele eenheid is.

Weens die langdurige droogte het Port Elizabeth gereeld waterprobleme, maar dié verblyf het privaat watertoevoer. Gaste moet dit egter spaarsamig gebruik. Daar is ook 'n kragopwekker vir beurtkrag.

Gaste kan tussen 4 eenhede kies, naamlik Dundonald Lodge, Dundonald Sunrise Suite, Dundonald Studio en die Karibu Suite. Gesamentlik is daar slaapplek vir 13 gaste.

Dundonald Lodge bied 'n hoofleefarea met sitplek by die TV, 'n toonbank vir ontbyt en 'n kombuis. Die kombuis is met die gewone klein toebehore, 'n roostermikrogolfoond, elektriese oond, gasstoof, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Gaste kan hul maaltye om die etenstafel met sitplek vir 6 op die onderdakdek geniet. Die dek het 'n uitsig oor die privaat braai-lapa. Die lodge is rolstoelvriendelik.

Dié lodge het slaapplek vir 6 gaste en het 'n hoofslaapkamer met 'n koningingrootte-bed, 'n tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n derde slaapkamer met 'n enkelbed. Die solderarea het 'n enkelbed en is moontlik nie geskik vir jong kinders of bejaardes nie aangesien dit met 'n leer bereik word. Elkeen van die slaapkamers het ingeboude kaste. Die eerste badkamer het 'n bad en die tweede badkamer het 'n stort.

Die Studio bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed. Dit beskik oor 'n kombuisie, eetarea en het ook 'n TV. Die selfsorgkombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond, induksieplaat, elektriese braaipan, 'n ketel en 'n broodrooster toegerus.

Die Sunrise Suite bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor die Studio en 'n kamer met 1 dubbelbed, 1 enkelbed en 'n sitarea.

Die Studio kan apart bespreek word vir 2 gaste, maar nie die kamer nie. Gaste in hierdie 2 eenhede deel 'n badkamer met 'n stort.

Gaste in die Studio, Karibu en Sunrise Suite het toegang tot 'n toegewese onderdakbraai-area in die tuin.

Die Karibu Suite het moderne afwerkings, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Dit bied slaapplek aan 2 gaste en het ook 'n kombuis, gratis WiFi en veilige parkeerplek vir 1 voertuig op die perseel.

Die verblyf is naby die lughawe, hospitale, winkels en restaurante. Port Elizabeth (Gqeberha) het ongelukkig nie betroubare vervoer nie, maar minibus-taxis en Uber is wel beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 15 resensies vir Dundonald Lodge
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Andrew Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Jaar gelys 7

Ligging

  • Lloyd-weg 20, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
  • Gaste dink Dundonald Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
R850 R680
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
R850 R680
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lloyd-weg 20, Walmer, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8544e46d061d8e771802817c92aa1d2c312775b90bc6b40803cf249272d922afc6467c8eee1766149baa34acd0d4f3179899?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R850 nouVanaf R680 per nag (plek vir 2) 15 5 1 5 20 Lloyd Road Walmer 6070 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.971356422783 25.59239320457
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem