Dunkeld Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dunkeld Manor bied aan oordeelkundige sakereisigers en vakansiegangers luukse verblyf, sorgsame gasvryheid en uiterste rustigheid in die hartjie van een van Johannesburg se pragtigste en rustigste voorstede.

Dié herehuis is in die boomryke voorstad Dunkeld geleë en bied maklike toegang tot Johannesburg se sakekern, winkelsentrums en toeriste-besienswaardighede, met maklike toegang tot hoofweë en die Gautrein-stasie net 5 minute ver.

Dunkeld Manor is in privaat besit en gebou met gaste se gerief ingedagte. Elke kamer is en suite, pragtig ingerig en beskik oor lugversorging, 'n platskerm-TV, koffie- en teemaakgeriewe, 'n privaat yskas en 'n hele paar ekstra luukshede. Ons sorgsame diens, rustige omgewing en moderne geriewe verseker 'n ontspannende en onvergeetlike wegbreek.

Dunkeld Manor bedien heerlik etes in 'n ruim eetkamer wat op die pragtige tuin oopmaak. 'n Gemaklike, sonnige sitkamer en biblioteek nooi gaste uit om 'n boek of koerant saam met hul oggendkoffie te kom geniet, terwyl die boomryke tuin afsondering en voëlsang bied vir diegene wat bietjie nader aan die natuur wil wees.

Die sonnige veranda en rustige swembad is beskikbaar vir ontspanning, terwyl bordspeletjies, boeke en satelliet-TV vir binnemuurse vermaak sorg. Gratis, vinnige WiFi is beskikbaar in die herehuis en ons sakesentrum bied toegang tot telefoon-, faks-, druk- en skandeer-geriewe in die ontvangsarea.

Veilige parkeerplek op die perseel is beskikbaar vir diegene met privaat vervoer. 'n Lughawe-pendeldiens, privaat besigtigingstoere en 'n plaaslike taxi-diens kan op versoek gereël word. 'n Gholfbaan en gimnasium is minder as 5 minute se ry van die herehuis af. Privaat sessies met 'n persoonlike instrukteur, joga- of pilates-instrukteur kan ook op versoek gereël word.

Dunkeld Manor verseker 'n warm ontvangs en nooi gaste uit om te kom kuier en hul huis weg van die huis af te geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dunkeld Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false