Dunn’s Castle Self-Catering and B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Piketberg skuil in die hartjie van die Swartland op die randjie van die unieke bergreeks, en is die tuiste van Dunn’s Castle Self-Catering and B&B. Piketberg is ongeveer 'n uur se ry van Kaapstad af en 'n halfuur se ry van die Weskus af.

Dit staan alleen in die middel van die ongerepte koringlande, groen wingerde en geel canola. Dunn's Castle is in die laat 1890's gebou vir George Dunn en ontwerp deur Sir Herbert Baker, en bied gerieflike kamers met Victoriaanse afwerking. Daar is 5 dubbelkamers in die Castle met plattelandse dekor, 'n vuurherd en bad, almal het dubbelbeddens. Op die oomblik kan ons 60 gaste akkommodeer wat bespreek vir B&B, B&B en aandete, of vir selfsorg. Gaste kan ook by die restaurant en kroeg op ons perseel aansit.

Verblyf is ook beskikbaar in 3 Victoriaanse selfsorgkothuise met veilige parkeerplek en slaapplek vir 2 tot 3 gaste. Ons nuwe selfsorg-eenhede het kombuisies en bied elk slaapplek aan 2 gaste. Die Castle bied 'n rustige hawe weg van die besige leefstyl wat ons almal ervaar. Geniet 'n verfrissende drankie op die patio wyl jy die wonderlike uitsig oor die ganse Swartland bewonder.

Ons het ook 2 konferensielokale met 'n oudio-visuele kamer vir sakelui. Verder is ons ideaal geleë vir die blommeseisoen. 2 van ons suites is eksklusief en ideaal vir spesiale geleenthede.

Dit is belangrik dat jy enige spesiale dieetvoorkeure spesifiseer, soos vegetaries, halaal of allergieë, sodat ons voorbereid is om aan jou voorsiening te maak. Let asseblief daarop dat ons nie Kosher-maaltye kan voorsien nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Televisie
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dunn’s Castle Self-Catering And B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za