Dunromin Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dunromin Guest House bied gastekamers met gedeelde selfsorg-geriewe. Dit is in Hanover in die Noord-Kaap geleë en is ideaal vir gaste wat op soek is na basiese oornagverblyf onderweg na verskeie bestemmings.

Verblyf word aangebied in 5 kamers wat ook saam vir 'n groep bespreek kan word. Drie van die kamers het dubbelbeddens en en suite-badkamers. Die ander 2 kamers deel 'n badkamer en is ideaal vir ouers wat saam met hul kinders reis omdat daar stapelbeddens is.

Die gastehuis het 'n gemeenskaplike kombuis en ook 'n gemeenskaplike sitkamer met 'n TV. Veilige parkeerplek is beskikbaar. As die gastehuis vir 'n groep bespreek word, word gehoorsame klein troeteldiere toegelaat mits dit vooraf gereël is.

Dunromin Guest House word deur dieselfde bestuurspan as Bun Clody Guest House bestuur en is naby 'n paar winkels en restaurante op die dorp.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dunromin Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za