D'Urban Ridge 6

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

D'Urban Ridge 6 is 'n selfsorgwoonstel vir 4 gaste in 'n veiligheidskompleks en is stapafstand van die Tygervallei-winkelsentrum af.

Die woonstel is gerieflik gemeubileer en beskik oor 2 slaapkamers wat 'n badkamer met 'n bad en 'n stort deel. Bring asb. jou eie handdoeke saam. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is nog 'n enkelbed beskikbaar in die leefarea.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en skoonmaakmiddels. 'n Strykyster en strykplank is ook beskikbaar. Die leefarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en lei na die stoep.

Braaigeriewe is op die stoep beskikbaar en gaste moet hul eie braairooster saambring. A cleaning service is available on request at an additional cost. Parkeerplek met skaduwee is agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar. Die kompleks het ook 'n wassery.

Slaapplek

'n Bespreking by D'Urban Ridge 6 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na D'Urban Ridge 6 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 040 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]