Durbanvillestay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Durbanvillestay, ook bekend as Jaap se Plek, is 'n selfsorg-tuinwoonstel wat in 2007 in Kenridge, Durbanville opgerig is. Dit is 3 km vanaf die N1, Bellville en Durbanville se sentrale sakegebied geleë.

Die woonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n dubbelbed, 'n dubbelslaapbank, 'n en suite-badkamer met net 'n stort, en 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n ketel, 'n broodrooster, breekware en eetgerei. 'n TV met plaaslike kanale is beskikbaar en alle linne en handdoeke word voorsien. 'n Haardroër, strykyster, strykplank, 'n tweeplaatstoof en 'n Weber-braai kan op aanvraag voorsien word. Diere word ongelukkig nie toegelaat nie, moet asb. nie aanvraag daarop doen nie.

'n Patio verbind die woonstel en die toesluit-motorhuis, wat plek vir 2 mediumgrootte motors of 'n motor en sleepwa bied. Daar is 'n privaat ingang sodat gaste kan kom en gaan soos hulle wil sonder om enigiemand te pla.

Durbanvillestay is naby gewilde inkopiesentrums soos Tygervallei, puik restaurante, wegneem-eetplekke, teaters, die Durbanville-wynroete, Bellville-stadion, die Velodrome, fietsryroetes, gholfbane en Universiteit Stellenbosch se sakeskoolkampus. Ons is sowat 20 km van Kaapstad Internationale Lughawe, die Waterfront, Bloubergstrand en Melkbosstrand geleë.

Slaapplek

'n Bespreking by Durbanvillestay sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Durbanvillestay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R440 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za