Knysna Akkommodasie by Eagles Nest Villa | LekkeSlaap
+37
+37

Eagles Nest Villa

Selfsorg
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eagles-weg 22, The Heads, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Eagles Nest Villa is 'n bekoorlike villa met 'n Spaanse styl wat hoog op die oostelike Knysnakop geleë is en 'n asemrowende uitsig oor die strandmeer, die naburige skaapplaas en die berge in die verte bied.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n dubbelslaapbank. Daar is 2 enkelbeddens in die vierde slaapkamer. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar.

Die huis bied vermaakareas, 'n formele eetarea met 'n ingeboude warmplaat en 'n buffet-afdeling. Dié area het pragtige vensters van brandskilderglas en is die ideale plek om jou boek te lees en oor die Knysnastrandmeer uit te kyk. Die TV-sitarea bied toegang tot 'n vermaakarea met 'n kroeg.

Die sonkamer het 'n ingeboude braai met sitplek en stapeldeure wat heeltemal oopgeskuif kan word. Die sitarea het 'n pool-tafel met 'n lieflike uitsig asook 'n veerpyltjiebord. Die kombuis is van soliede eikehout en is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus. Die aparte opwasarea het 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser.

Gaste kan die pragtige Knysnastrandmeer, die waterfront, gholfbane in die omtrek en die Featherbed Natuurrreservaat besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by Eagles Nest Villa sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed Kinderbank vir 2
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
1 xKinderbank vir 2
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Eagles-weg 22, The Heads, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eagles-weg 22, The Heads, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcc90b7487021aaef218865d972d5900a99bfef63ed379b3fe171e6f874d6bc3d342c7de68a1ffc0a835c52c968d54db87783?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 000  per nag (plek vir 8) 22 Eagles Way The Heads 6571 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.07599 23.06694
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za