Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Eagles Wings

  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kadeljauwsweg 47, Jeffreysbaai, 6331, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Eagles Wings is teen die strand in die gunsteling-vakansiebestemming van Jeffreysbaai geleë. Die huis is in die veilige, rustige voorstad Kabeljauws geleë en is lekker naby talle branderplankryplekke.

Verblyf word in 3 eenhede aangebied, waarvan 2 vir selfsorg toegerus is.

Woonstel 1 beskik oor 1 slaapkamer en bied verblyf aan 5 gaste. Die slaapkamer het ’n dubbelbed en ’n enkelbed en daar is ’n stapelbed in die sitarea. Die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Ander geriewe sluit ’n sitarea, kombuisie, tee- en koffiemaakgeriewe,
’n TV met sekere DStv-kanale in.

Woonstel 2 beskik oor 2 slaapkamers en bied verblyf aan 7 gaste. Die eerste slaapkamer het ’n dubbelbed en die tweede slaapkamer het ’n dubbelbed en ’n enkelbed, en daar is ’n stapelbed in die sitarea. Die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Ander geriewe suit ’n sitarea, kombuisie, tee- en koffiemaakgeriewe en ’n TV met sekere DStv-kanale in.

Die rugsakreisigerseenheid beskik oor 'n kamer, badkamer en basiese verhit- en eetgeriewe, soos 'n mikrogolfoond, yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. Daar is egter nie kookgeriewe nie. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed wat ideaal is vir 2 volwassenes en 1 kind. Die eenheid het 'n basiese TV. Let daarop dat die rugsakreisigerseenheid nie braaigeriewe of 'n see-uitsig het nie. Die eenheid het wel sy eie agteringang, maar nie 'n deurpad na die hoofhuis nie.

Gaste het direkte toegang tot die strand en daar is genoeg ruimte vir kinders om te speel terwyl die ouers nog 'n ogie oor hulle kan hou. Gaste het toegang tot parkeerplek op die perseel. Al 3 eenhede is troeteldiervriendelik, maar dit moet vooraf gereël word. Die eenhede het ook elkeen WiFi.

Daar is 'n buitestort om al die sand af te was ná 'n dag op die strand. Tydens dei spitsseisoen word die strand deur lewensredders dopgehou. Die Baviaans Mega Reserve is slegs 50 km vanaf Eagles Wings en sluit Addo-olifantpark en die Tsitsikamma Nasionale Park in.

Kenmerke

Afrikaans
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Troeteldiere indien gereël
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 44 resensies vir Eagles Wings
Netheid
4.6/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Kadeljauwsweg 47, Jeffreysbaai, 6331, Oos-Kaap
  • Gaste dink Eagles Wings het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kadeljauwsweg 47, Jeffreysbaai, 6331, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI0ZTYwMWJkLWE5ZjctNGYxYy1iNWNiLTNiY2IyMDkwZGRjNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 3) 44 5 1 5 47 Kabeljauws Road Jeffrey's Bay 6331 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.011968740245 24.928971362206