Hermanus Akkommodasie by Eagleview Guesthouse | LekkeSlaap
+30

Eagleview Guesthouse

3 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Black Eagle-straat 12, Onrus, Hermanus, 7100, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18

Beskrywing

Eagleview Guesthouse bied 'n selfsorg-ateljeewoonstel wat aan die eienaar se herehuis skakel. Dit is in Onrus, Hermanus geleë, en ook lekker naby die Wynroete en die beginpunt van verskeie pad- en bergfietsroetes in die omgewing. Daar is slaapplek vir 'n paartjie (2 gaste) en dis net 5 minute vanaf die Milkwood-strand.

Dié smaakvol versierde woonstel het 'n privaat ingang wat via 'n stel trappe bereik word. Die eenheid het 'n oopplan-uitleg. Die slaapkamer-area is gemeubileer met 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamer het verhitte handdoekrelings, 'n bad en stort. Die kombuis is goed toegerus met 'n mikrogolf, yskas, tweeplaatstoof en oondjie.

Eagleview Guesthouse is die ideale basis vir gaste wat die omliggende besienswaardighede wil verken. Daar is gewilde walviskykplekke 4,4 km hiervandaan en die middedorp is net 5 km ver. Die pragtige paadjies rondom die ou hawe is net 5 km hiervandaan.

By dié ateljeewoonstel sal jy amper so tuis voel soos by jou eie huis! Boonop is daar asemrowende uitsigte oor die see vanaf Gansbaai tot by Vermont.

Slaapplek

’n Bespreking by Eagleview Guesthouse sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir Eagleview Guesthouse
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Black Eagle-straat 12, Onrus, Hermanus, 7100, Wes-Kaap
  • Gaste dink Eagleview Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Black Eagle-straat 12, Onrus, Hermanus, 7100, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABnGQDQtsbTAGkOXW6equtpRVzuoPyzp4aSvmfrrXEEtphqLjFz?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 250  per nag (plek vir 2) 3 5 1 5 12 Black Eagle Road Onrus 7100 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.405495573289 19.184514731169
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za