Echelon House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Echelon House is in Bedforview, Johannesburg. Die gastehuis is agter 'n sperboom in 'n omheinde area geleë en mens verkry toegang tot die eiendom deur 'n hek.

Echelon House bestaan uit 10 kamers. Ons het 3 enkelkamers met enkelbeddens; 3 kamers met 2 enkelbeddens; 3 dubbelkamers met dubbelbeddens en 'n enkelbed kan by hierdie kamers gevoeg word teen 'n addisionele koste. Ons het ook 1 luukse kamer met 'n koninggrootte-bed, 'n enkelbed en genoeg plek vir 'n ekstra enkelbed op versoek.

Elke kamer is toegerus met 'n TV, lugversorging, 'n kroegie, 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort of beide en gratis badkamerbenodighede.

Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond en 'n yskas. Daar is ook 'n gemeenskaplike sitkamer. Ons bied was- en strykgeriewe, braaigeriewe, parkeerplek, 'n terras en 'n luisterryke tuin, gratis WiFi en 'n Koidam in die middel van die tuin waar jy rustig kan sit en luister na die stilte.

Indien gaste vervoer benodig na die lughawe, winkelsentrum en selfs op uitstappies, sal ons dit verskaf teen 'n addisionele koste.

Daar is heelwat doendinge in die omgewing soos gholf en inkopies.

Die gastehuis is 5,7 km van Observatory Gholfklub, 8,6 km van Modderfontein Gholfklub, 8,7 km van Johannesburgstadion, en 10 km van O.R. Thambo Internasionale Lughawe af.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Nagportier
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Echelon House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false