Echoes of the Baviaans

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Echoes of the Baviaans is net onder die hoogste piek van die Baviaans-bergreeks geleë, aan die voet van die noordelike hellings. Ons is 37 km vanaf Steytlerville en 57 km vanaf Patensie op die Grootrivier Poort-pad ook bekend as die Antoniesbergpas. Echoes kamp is 'n gerieflike 136 km vanaf Port Elizabeth af via die gruispad van Uitenhage.

Die privaat wildkamp-area bied 1,5 miljoen m² van ongerepte veld per groep. Hier kan jy die asemrowendste sonsondergange beleef terwyl die mis oor die bergpieke kruip en in die valleie doer onder gaan lê. Met sonsopkoms kan jy dophou hoe die koedoes die eerste sonstrale uitsoek. Geniet die totale stilte wat slegs onderbreek word deur die blaf van bobbejane, huilende winde en watervalle in die valleie van die Baviaanskloof.
Gaste is welkom om hul troeteldiere, vierwielmotorfietse, bergfietse, motorfietse of 4x4's saam te bring om die roetes hier rond te verken.
Jy mag jou tent enige plek opslaan by enige van die volgende, natuurlike kampeerplekke.
Sonbesiebos: 'n oop grond-area wat geskep is deur die natuur en omring word deur hoë ysterhoutbome teen die voet van die berg.
Duikerdam: dit is langs 'n klein gruisdam waar wilde diere gereeld kom water drink.
Jakkalslaagte: hier in die vallei van die jakkals het jy 'n uitstekende uitsig oor die berg. Snags kan jy hoor hoe roep die jakkals en kan jy die sterre dophou deur die blaredak van die berg-ebbehoutbome.

Toegangspad: Slegs bakkies of voertuie met 'n hoë grondvryhoogte (SUV's) sal die twee natuurlike roetes in hierdie wilde area kan begaan.
Ablusiegeriewe: Kampeerders moet hul eie ablusiegeriewe saambring ("porta potty" of 'n graaf). Dit is wild hier by ons. Vars water is beskikbaar by die windmeul.

Die plaas-kampeerterrein is 'n groot grasperk tussen die prentjiemooi koppie en die riviertjie. Stap en speel is moeiteloos in hierdie groot, oop spasie. Volg die Riverwalk-wandelpad na 'n enorme gruisdam waar jy piekniek kan hou, swem, kano, of net die spieëlbeeld van die hoogste piek van die Baviaans kan dophou in die water terwyl jy peins.
Ablusiegeriewe: Die kamp het 'n "long drop"-toilet en warm stort. Geen elektrisiteit nie.
Toegangspad: Sedans met 'n hoë grondvryhoogte.

Doendinge:
4x4-rit na Patensie via die Grootrivierpoort-pad/Atoniesbergpas (nie vir papbroeke nie!)
4x4-toer van die Winterhoek-berge (indien voor die tyd bespreek).
Piekniek of swem in die enorme plaasdam by Echoes Plaaskamp.
Bergfietsry - op die twee plaaspaaie of na Steytlerville toe (een van die mooiste dorpe in Suid-Afrika).
Voëlkyk
Voetslaan
Vierwielmotorfietsritte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Echoes Of The Baviaans gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za