Ecotel Lodge Benoni

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ecotel Lodge Benoni bied 'n gerieflike plek om weg te breek en te ontspan in Benoni aan die Oos-Rand van Gauteng. Die lodge is gerieflik geleë net 5 minute van die bekende Lakeside Shopping Mall af wat in die vorm van 'n Mississippi-stoomboot gebou is. Dit is ook naby aan 'n rolprentteater, Durban-bushalte, Glywood Life Hospitaal, Benoni-meer en Benoni-gholfbaan. Dis ook net 12 minute se ry van OR Tambo Internasionale Lughawe, Emperors Palace Casino en Carnival City Casino af. Ecotel Lodge Benoni is die ideale basis vanwaar hierdie woelige stad verken kan word.

Elke nie-rook gastekamer beskik oor beddens wat met wit linne opgemaak is, 'n en suite-badkamer met 'n bad/stort en 'n privaat toilet, 'n klerekas met 'n spieël, 'n lessenaar, 'n kleur-TV, 'n waaier en 'n verwarmer. Ontbyt is teen addisionele koste beskikbaar en word soggens van 06:30 - 10:00 in die Mikateko-eetkamer bedien.

Ecotel het ook 'n gemeenskaplike mikrogolfoond, tee- en koffiemasjien, koeldranke en peuselhappies, braaigeriewe, WiFi-toegang en 'n TV in die eetkamer. Veilige parkeerplek agter 'n elektriese heining beskikbaar. 'n 24 uur taxi-diens is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ecotel Lodge Benoni gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R469 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false