Eden

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Eden is in die bekoorlike dorpie, Sedgefield geleë. Dis net 'n paar minute vanaf Knysna en stapafstand vanaf pragtige strande, die strandmeer en winkels. Geroge en Plettenbergbaai kan ook maklik bereik word.

Eden is 'n eenslaapkamerkothuis met 'n dubbelslaapkamer wat 'n koningingrootte-bed en ingeboude kaste het. Alle linne word voorsien. Die badkamer het 'n moderne hoekbad en 'n stort. Die oopplan-sitkamer het 2 slaapbanke vir 2 kinders of 2 volwasenes. Daa ris 'n onderdak-patio met 'n braai en onderdakparkeerplek is beskikbaar.

Die gashere bly op die perseel en sal graag meer inligting voorsien oor die omgewing. Let wel: Daar is soms vriendelike honde op die perseel.

Gaste kan gerus die Wild Oats Plaasmarkie besoek wat elke tweede Saterdag net buite die dorpie langs die N2 op pad na Wildernis geleë is. Daar is verskeie voëlspesies in die omgewing, so bring jou voëlgidse en verkyker saam. Daar is ook tientalle pragtige strande in die omgewing waar gaste selfs kan perdry op die strand.

Slaapplek

'n Bespreking by Eden sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eden gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false