Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Eden Cottage White River

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eden Self Catering, Uplands-weg, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Eden Cottage is op 'n 2 hektaar-plot reg langs die dorp Witrivier geleë. Dit is naby verskeie besienswaardighede soos die Krugerwildtuin, Graskop, Hazyview, die Sodwala-grotte, talle watervalle rondom Sabie asook die Botaniese tuin, Kaapse Hoop en vele meer geleë.

Eden Cottage is 'n losstaande selfsorghuis met 2 en suite-slaapkamers, 'n sitkamer en 'n eetkamer, 'n kombuis en 'n beskutte patio met ingeboude braaigeriewe. Die eenheid kan as geheel bespreek word en dit bied slaapplek vir 4 volwassenes en 1 kind.

Die 2 kamers, Lions en Buffalo kan ook apart bespreek word. Lions beskik oor 'n koninggrootte-bed, 'n badkamer, 'n leefkamer met 'n ekstra kleiner bed in die woonkamer, leefarea, 'n kombuis en 'n patio met braaigeriewe. Buffalo-kamer het 2 enkelbeddens wat saam as 'n koningingrootte-bed opgemaak kan word, 'n badkamer, 'n houtdek met 'n kombuis wat volledig toegerus is en 'n draagbare braai. Daar is ook DStv en gratis WiFi.

Daar is ook 'n enkelwoonstel, die Elephant-kamer, met 'n koninggingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n klein kombuis en 'n dek met 'n draagbare braai, 'n tafel en stoele.

Luxury Leopard Tent, die nuwe tent, staan op 'n sementvloer en bestaan uit 'n staalraam wat met seil bedek is. Daar is 'n skadunet oor die tent. Dit is toegerus met 'n koningingrootte-bed en 2 stapelbeddens (slaapplek vir 6 mense). Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak, en toilet. Die kas het plek vir klere en daar is 'n spieëltafel en 'n haardroër. Voor die tent is daar 'n houtdek met 'n tafel, stoele en 'n ten volle toegeruste kombuis. Aan die een kant is daar 'n boma/lapa met 'n braai. Die houtdek het 'n uitsig oor die dam. Die tent is geskik vir 'n gesin of vriende wat wil deel. Minimum hoeveelheid gaste: 2.

Ons voorsien koffie, tee en tuisgemaakte beskuit in elke eenheid. Toiletware, linne en handdoeke word ook voorsien.

Al die kamers bied pragtige uitsigte oor die dammetjie en die tuin. Jou gasheer en -vrou is diereliefhebbers, so daar is hoenders, skape, 'n hond en watervoëls, soos ganse en visvangers op die hoewe. Gaste is meer as welkom om die diere te voer of om eiers in te samel. Die unieke Bloukuifloerie en ander skilderagtige voëlsoorte kom maak ook gereeld hier 'n draai. Die eiendom is beveilig met 'n elektriese heining en ons maak slegs van boorgatwater gebruik.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 24 resensies vir Eden Cottage White River
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Elbie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Jaar gelys 7

Ligging

  • Eden Self Catering, Uplands-weg, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Gaste dink Eden Cottage White River het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Panoramaroete Mpumalanga
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eden Self Catering, Uplands-weg, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZhMDZmY2I5LTNlNTctNGViZC1iMjBiLTg5YWE1M2QzNDY1NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 24 5 1 5 Eden Self Catering Uplands road 1240 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.311444444444 31.001694444444
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem