Windsor-on-Sea Akkommodasie by Eden Dunes 53 | LekkeSlaap
+22
+22

Eden Dunes 53

Selfsorg
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dr Albert Meyer-straat, Eden Dunes 53, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Eden Dunes 53 is in Shelly Beach geleë en bied gehalte-verblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dit is naby 'n rits winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die woonstel het 'n see-uitsig en slaapplek vir 6 tot 8 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed met slaapbank. Die slaapbank is slegs geskik vir 2 kinders en beddegoed word nie voorsien nie. Daar is ook 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het slaapplek vir 4 gaste op 'n dubbelbed en 'n stewige stapelbed. Die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met OpenView, en die eetarea het genoeg sitplek waar gaste hulle maaltye saam kan geniet. Let wel dat daar geen WiFi beskikbaar is nie.

Daar is gemeenskaplike braaigeriewe en 'n swembad waarvan gaste gerus gebruik kan maak.

Veilige parkeerplek is by die eenheid beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Eden Dunes 53 sluit in:

Dubbelbed Kinderbank vir 2
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
1 xKinderbank vir 2
Dubbelbed Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Ligging

  • Dr Albert Meyer-straat, Eden Dunes 53, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (plek vir 6)
Vanaf R750
per nag (plek vir 6)
Vanaf R750
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dr Albert Meyer-straat, Eden Dunes 53, Shelly Beach, 4265, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb42c04d7a99bba701c34879ff3e1738c80ee3c06c0006c808c7cafe9d15c0976aa1549c2b755f69cccbd58a32dda7e2835bb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (plek vir 6) Dr Albert Meyer Street 53 Eden Dunes 4265 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -30.8075157 30.4112602
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za