Eden Dunes 58
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 3 Apr 2024 tot 3 Mei 2024.
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Albert Meyers-straat, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R890R801 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Eden Dunes is 'n lieflike woonstel met see-uitsigte. Dit is in 'n veilige kompleks teen Shelly-strand geleë. Die kompleks is ook reg agter Shelly Mall met al sy restaurante, winkels en 'n bioskoop. Die woonstel bied slaapplek vir 4.
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers (1 is en suite). Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed met 'n pragtige uitsig oor die oseaan. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat opgemaak kan word as 'n koninggrootte-bed. Die en suite-badkamer het 'n bad met 'n handstort, 'n toilet en 'n wasbak. Die gastebadkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die woonstel bied 'n ten volle toegeruste oopplan-kombuis met 'n stoof, oond, yskas, vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Daar is ook 'n ontbythoekie met 6 stoele.
Die oopplan-sitkamer het 2 gemakstoele en 'n rusbank met 2 sitplekke. Daar is ook 'n platskerm-TV met DStv. Daar is plafonwaaiers in die sitkamer en in beide kamers. Die sitkamer lei na 'n beskutte balkon met stoepmeubels.
Alle linne, duvets en kussings word voorsien. Bring asb. jou eie badhanddoeke, swemhanddoeke en toiletware saam. 'n Daaglikse skoonmaakdiens kan voor aankoms gereël word.
Daar is braaigeriewe in die kompleks, 'n groot, omheinde gemeenskaplike swembad, oop tuine en onderdakparkeerplek vir 1 voertuig. Addisionele parkeerplek kan op versoek gereël word. Parkeerplek vir bote is op versoek beskikbaar.
Die perseel is heeltemal omhein en daar is toegangsbeheer, en 'n sekuriteitswag wat tussen 18:00 en 06:00 aan diens is.
Die kompleks bied direkte toegang tot die strand en getypoel deur die voetgangerhek. Ander besienswaardighede en doendinge soos rotspoelvisvang, die skibootklub, flieks, en die inkopiesentrum is binne 'n 200 m-radius vanaf die kompleks - so jy hoef nooit in jou kar te klim nie!
Slaapplek
’n Bespreking by Eden Dunes 58 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Lizette Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 63
Jaar gelys 9
Ligging
- Albert Meyers-straat, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Eden Dunes 58 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Windsor-on-Sea Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Albert Meyers-straat, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom