Eden Island

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Eden Island is in die klein kusdorpie Tergniet geleë en bied rustige gehalteverblyf. Dit is ideaal vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n stil wegbreek.

Die dubbelverdiepinghuis kan as 'n eenheid verhuur word, of jy kan net die onderste verdieping huur. Let asseblief daarop dat die boonste verdieping nie apart verhuur kan word nie. Die onderste vloer beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek vir tot 6 mense. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en die derde kamer beskik oor 2 enkelbeddens. Kamer 2 en 3 deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en die ooppplan-leefarea en -eetarea bied oorgenoeg sitplek en gemaklike rusbanke. 'n TV met DStv-toegang is beskikbaar, gaste moet net hul eie DStv-dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saambring.

Buite is daar 'n groot stoep met 'n tafel, stoele en bankies wat gerangskik is rondom 'n braai-area.

Die boonste verdieping het nog 3 kamers wat slaapplek bied vir nog 6 mense. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede kamer het ook 'n koningingrootte-bed en die derde kamer beskik oor 2 driekwartbeddens. Kamer 2 en 3 deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en die oopplan-leefarea en -eetarea het oorgenoeg sitplek en gemaklike rusbanke. 'n TV met DStv-toegang is beskikbaar, gaste moet net hul eie DStv-dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saambring.

Buite is daar 'n stoep met 'n tafel, stoele, bankies, braaigeriewe en uitsigte oor die see.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eden Island gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 100 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za