Eden Ridge Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Eden Ridge is 'n selfsorg-gastehuis op 'n produserende plaas in 'n unieke vallei 25 km buite Ladismith. Dit het 'n fantastiese ligging aan die voet van die Klein-Swartberge in die hartjie van die Klein-Karoo. Kom stap tussen die boorde, verken die plaaspaaie en swem in die dam se vars bergwater. Eden Ridge is net die plek vir 'n rustige Karoovakansie saam met die gesin.

Die huis bied slaapplek aan 12 gaste en het 5 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede en derde kamer 'n dubbelbed, die vierde 3 enkelbeddens en die vyfde kamer het 'n stapelbed met 'n dubbelbed onder en enkelbed bo. 'n Bad en stort is beskikbaar.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n lieflike stoep. Daar is ook 'n swembad en braaigeriewe op die plaas.

Slaapplek

'n Bespreking by Eden Ridge Guesthouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eden Ridge Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 000 per nag (vir 12 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false