Eden Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Eden Villa is 'n selfsorghuis teen die see in die luukse area Kampsbaai in Kaapstad. Die villa het 'n uitstekende see-uitsig vanuit die meeste van die kamers en is lekker naby die area se besienswaardighede.

Die villa beskik oor 4 vlakke en het slaapplek vir 8 gaste. Daar is 4 slaapkamers en 4 badkamers. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, dubbelwasbak en verhitte handdoekrelings. Die hoofslaapkamer lei na 'n stoep met 'n plonspoel en 'n prentjiemooi uitsig oor die see.

Die moderne, ten volle toegeruste kombuis het handelsnaam-toebehore om maaltye mee voor te berei, sowel as 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die ruim, smaakvol versierde oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8, 'n plasma-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Die leefarea lei na 'n stoep met 'n gasbraai en stoepmeubels.

Die villa het lugversorging, 'n hysbak en ondervloerse verhitting. Eden Villa is naby Kampsbaai se strand, restaurante, winkels en kroeë, én sowat 26,5 km van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Slaapplek

'n Bespreking by Eden Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Ondervloerse verhitting

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eden Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false