Plettenbergbaai Akkommodasie by Edenbrook Country House | LekkeSlaap
+61

Edenbrook Country House

B&B
  • Kapasiteit: 44 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Deel 5 van Plaas 421, Harkerville, Plettenbergbaai, 6604, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Edenbrook Country Manor is in die hartjie van Eden op 19 ha van die ongerepte Harkerville-woud geleë. Die gronde het wandelpaadjies om te verken waar rankende varings en bosse reik na die stroompie wat regdeur die jaar hier verbykabbel. Die instansie het 'n herehuis met 'n koloniale styl wat met 'n uitgestrekte oprit en 'n elegante tuin spog - die perfekte "verhoog" vir die talle voëlspesies en blouapies wat dikwels kom groet.

Die binnekant van die eenheid is stylvol ingerig met 'n mengsel van ou familiemeubels vanuit Italië en 'n paar sonderlinge items om 'n stylvolle, ongewone en rustige atmosfeer te skep. Die eetkamer het familiefoto's en gedenkwaardighede, asook gemaklike armstoele en 'n knus houtkaggel wat jou verwelkom. Konsertina-glasdeure bied toegang tot die terras wat 'n uitmuntende uitsig oor die versorgde grasperk, swembad en hangmatte aan die vrugtebome bied.

Al ons suites het stoepe met meubels en 'n tuinuitsig sodat gaste kan ontspan. Dié eenhede bied ook veel meer ruimte as 'n gewone hotelkamer. Verder is die suites elegant versier en sluit geriewe soos gratis WiFi, 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, verhitte handdoekrelings en 'n haardroër, asook 'n kaggel vir die reënerige dae in.

Daar is 3 wolfhonde en 'n grys kat wat die Edenbrook-ervaring afrond. Dit is hier waar ons 'n liefde vir die natuur, 'n gesonde leefstyl en 'n passie vir die beste dinge in die lewe met jou wil deel.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Italiaans

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

2 uit 5van 1 resensie vir Edenbrook Country House
Netheid
1.0/5
Diens
2.0/5
Ligging
3.0/5
Veiligheid
3.0/5
Waarde vir geld
1.0/5

Ligging

  • Deel 5 van Plaas 421, Harkerville, Plettenbergbaai, 6604, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 44 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Deel 5 van Plaas 421, Harkerville, Plettenbergbaai, 6604, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhlNTk1OWMwLTBiYmYtNGRiYy1hN2FkLTg1NjIwODJiNDFjNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 2) 1 5 1 2 Portion 5 of Farm 421 Harkerville 6604 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 12:00 -34.036156279212 23.216011691908
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za