Seepunt Akkommodasie by Edgewater House | LekkeSlaap
+29

Edgewater House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Edgewater-weg 9, Seepunt, Kaapstad, 8060, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 275 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Edgewater House is 'n selfsorghuis in die luukse buurt Bantry Bay in Kaapstad. Die eiendom is naby restaurante, kroeë en die Seepuntpromenade.

Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en 'n dubbelwasbakeenheid. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié 2 kamers deel die tweede badkamer.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, gasstoof en -oond en ander toebehore. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die leefarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en bied toegang tot die stoeparea agter. Die huis het ook 'n swembad op die dak, stoepmeubels, sonstoele en 'n terras met Astro-turf-gras.

Die huis het ook onbeperkte WiFi, 'n dubbelmotorhuis vir 2 klein voertuie, elektriese heinings en laserstraalsekuriteit om die eiendom en 'n alarmstelsel.

Die eiendom is 4 km vanaf Kampsbaai se strand, restaurante en kroeë en sowat 26 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.

Slaapplek

’n Bespreking by Edgewater House sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Edgewater-weg 9, Seepunt, Kaapstad, 8060, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 275
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 275
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Edgewater-weg 9, Seepunt, Kaapstad, 8060, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA802VdmdCa1UjigrqxL05RrAU492ZB5dnIx65K5jIDWEXLrCmE1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 275  per nag (plek vir 6) 9 Edgewater Road Sea Point 8060 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.924676217107 18.380526037434
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za