Edward House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Edward House is 'n gastehuis en B&B met 'n Edwardiaanse styl van die argitektuur. Dié gastehuis is in die boomryke area, Waterkloof, net 'n klipgooi van die Pretoria Gholfklub af, geleë en word omring deur meeste van die diplomatieke wonings.

Daar is 4 slaapkamers waarvan 3 Franse deure het wat na 'n breë veranda lei wat reg rondom die huis strek. Al die slaapkamers het volledige en suite-badkamers, gehaltemeubels en -afwerkings, individuele lugversorging, WiFi, skootrekenaarkluise, TV's met M-Net en 'n aparte fliekkanaal, yskassies, tee- en koffiemaakgeriewe, lessenaars en sitareas.

Gaste benut graag die verandas, veral op somersaande of sonnige wintersmiddae wanneer dit heerlik is om buite te ontspan.

Die gastehuis en swembad is in 'n gevestigde boomryke tuin met rose, asaleas, kamelias en eksotiese varings geleë. Baie gaste nuttig ontbyt op die veranda in die tuin. Ons bied 'n verskeidenheid ontbyt-opsies met iets vir elkeen, hetsy gesondheidsbewuste gaste of diegene wat hou van 'n stewige ontbyt of dalk 'n soettand het.

Daar is 'n eetkamer en 'n leeskamer op die onderste vloer en jy is welkom om 'n boek te leen uit die biblioteek wat lei na die veranda. Die sitkamer se groot houtvloere, gewellyste en bronskandelare vorm die agtergrond van die dekor wat fokus op tapisserieë, kant, katoen, brokaat en interessante Edwardiaanse voorwerpe wat aan die familie behoort. Ons binnenshuise versierder het seker gemaak dat die effek onderbeklemtoon word.

By Edward House wag 'n privaat wêreld op jou, met genoeg ruimte en geriewe wat jou in staat stel om heerlik te ontspan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Edward House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false