Eight Bells Mountain Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Eight Bells is geleë op die prentjiemooi Tuinroete in Suid-Afrika. Dit is weggesteek in die Ruiterbosvallei-reeks aan die voet van die Robinson-pas op die R328 tussen Mosselbaai (35 km) en Oudtshoorn (50 km). Ons is al meer as 80 jaar gelede gevestig en dié bekoorlike plekkie is bekend vir sy vriendelike gasvryheid, uitstekende diens en hele rits ontspanningsgeriewe in die manjifieke berge.

Ons het 25 smaakvol versierde en suite-slaapkamers, gesinseenhede, lugversorging in die houthuisies en grasdak-rondawels in 'n betowerende tuin wat gedeel word met baie voëls.

Ontbyt bestaan uit 'n buffet en 'n gekookte Engelse ontbyt wat bedien word in die Oak Room Restaurant. Daar is ook 'n oggend- en middagtee wat onderskeidelik 11:00 en 16:00 bedien word op die binneste patio. Drankies, teetyd-peuselhappies, ligte versnaperinge en 'n klein à la carte-spyskaart is beskikbaar aan gaste regdeur die dag. Dit word bedien in die tuine, by die swembad of in ons toegeboude patio-kamer. Aandete by the Oak Room Restaurant bied gaste 'n keuse tussen 'n à la carte- of table d'hote-spyskaart.

Buitemuurse geriewe sluit in: 'n klok-vormige swembad met 'n klein plonspoel vir kinders, sonstoele en 'n grasdak-boma, 2 tennisbane wat geskik is vir enige weerstoestande, 'n muurbalbaan met 'n glasmuur, rolbalbaan, die Rooster-staproetes en -perdryroetes. Twee keer 'n dag is daar perdryritte in die natuur wat deur 'n gids aangebied word of net ritte in die kampies vir beginners. Kinders kan uitsien na hul eie speelpark, eetkamer en speelarea en daar is donkiekarritte vir die kleintjies wat een keer 'n dag na ontbyt plaasvind.

Ons is na aan die groen kusstrook van die Tuinroete en die tydlose prag van die Klein-Karoo so jy sal oorgenoeg natuurlike prag hê om te verken tydens jou tydjie by ons. Daar is prentjiemooi bergpasse en verskeie interessante besienswaardighede in die 2 areas wat ons omring. Die wyd-oop spasies, natuurlike omgewing en absolute rus en vrede maak Eight Bells die ideale wittebrood-bestemming of wegbreekplekkie ver van die stad se geraas.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eight Bells Mountain Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 770 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za