Eikehoff Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Eikehoff Apartments is moderne selfsorgwoonstelle in Kerkstraat in die hartjie van Stellenbosch. Die verblyf is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers wat dié historiese dorpie besoek. Dit is stapafstand vanaf restaurante, galerye, museums, en winkels.

Die eenhede het albei 'n koningingrootte-bed met wit gehaltelinne en handdoeke word voorsien. Verder is daar 'n haardroër, strykplank en hangers. Die badkamers het elk 'n ruim stort, wasbak, toilet en Charlotte Rhys-produkte.

Die kombuise is goed toegerus en beskik elk oor 'n wasmasjien-en-tuimeldroër-kombinasie, 'n ketel, Nespresso-masjien, yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware.

Elke eenheid het 'n groot platskerm-TV met gratis DStv en lugversorging. Daar is 'n werkruimte met WiFi. Die gebou beskik oor kelderparkeerplek met 24 uur-sekuriteit wat by die tarief ingesluit is.

Die selfsorg-eenhede se leefareas lei na 'n lieflike balkon met sitplek waar gaste hul oggendkoffie kan geniet. Ons voorsien koffie, tee, suiker en beskuit.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eikehoff Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false