Eikelower Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Eikelower Gastehuis is 'n stylvolle gastehuis in Stellenbosch met gerieflike kamers vir sakereisigers en vakansiegangers.

5 en suite-slaapkamers is beskikbaar. Elke kamer het 2 enkelbeddens, 'n dubbelbed of 'n koninggrootte-bed, en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Gehaltelinne en handdoeke word voorsien. Verder het die kamers plafonwaaiers, TV's, WiFi, yskassies en koffie- en teemaakgeriewe. Ontbyt is ingesluit en aandete is op versoek beskikbaar.

Die gastehuis het 'n gemeenskaplike sitkamer met 'n gesellige kaggel in die winter. Daar is ook 'n swembad op die perseel. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Eikelower bied 'n wasgoeddiens en gaste kan braaigeriewe 24 uur vooraf bespreek. Die gastehuis help graag uit met besprekings vir wyntoere, restaurante, pendeldienste, vertonings of konserte. Gaste kan ook privaat behandelings en masserings by die gastehuis ontvang.

Eikelower Gastehuis is net 2 km van die Universiteit van Stellenbosch en 3 km van die middedorp af. Wynlandgoedere, kelders, en doendinge soos bergfiets- en voetslaanroetes is maklik bereikbaar. Ander doendinge sluit Eagle Encounteres en Segway Gliding Tours by Spier in, en in die somer kan gaste gaan aarbeie pluk by Polkadraai Plaas.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eikelower Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R960 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za