Seepunt Akkommodasie by Elements Luxury Suites | LekkeSlaap
+36

Elements Luxury Suites

Selfsorg
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofrylaan , Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 025 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Elements Luxury Suites is in Kaapstad sowat 2,9 km vanaf die V&A Waterfront en 3,5 km vanaf Langstraat geleë.

Elements Luxury Suites bied verblyf in 4 soorte woonstelle wat elkeen smaakvol versier is. Dié suites is oor 2 aparte geboue, genaamd Elements on Main en Elements on Battery, versprei. Al die woonstelle spog met ontwerpers dekor en moderne geriewe.

Elke suite het dieselfde uitleg, leefareas en geriewe. Slegs die badkamers verskil. Die Deluxe Suites het oopplan-badkamers in die hoofslaapkamers en aparte badkamers in die tweede slaapkamers. Die Luukse en Dakwoonstel Suites het almal aparte badkamers vir elke slaapkamer. Elke kombuis is volledig toegerus met moderne Smeg-toebehore en 'n opwasarea met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Elements on Main het 'n pragtige terras met 'n houtdek op die dak, 'n gasbraai, kuierarea en 'n swembad met asemrowende uitsigte oor die stad en die see. Die gebou is heeltemal beveilig met 'n biometriese sekuriteitstelsel, 24 uur-sekuriteit en geslotekringtelevisie, met selfoon-toegang tot die geslotekringtelevisie. Die gebou is ook eko-vriendelik en het kragbesparende warmwaterpompe, eko-vriendelike LED-ligte in die gemeenskaplike areas, 'n wasplek vir fietse, parkeerplek vir bromponies en 'n reënwatertenk.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Portier
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Ligging

  • Hoofrylaan , Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 025
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 025
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofrylaan , Seepunt, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAwmjuBOaB8hDchzdhhsuE2jVorypTyNWvUxnoDyvURvjUsjPiGR?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 025  per nag (plek vir 4) 9 Main Drive Sea Point 8005 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -33.9115145 18.3982017
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za