Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Elephant Rock Private Safari Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Nambiti Game Reserve, , Ladysmith, 3370, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 3
  • Vanaf R6 590 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Elephant Rock Private Safari Lodge is uitstekend geleë en kyk uit oor 'n watergat. Dié bekoorlike safari-lodge het slaapplek vir 10 gaste. Hier sal jy amper so tuis soos by die huis voel en 'n ware bosveldervaring vir die hele gesin hê. Elephant Rock bied buitengewone wildkyk-geleenthede op wildritte, keurige maaltye en uitstekende diens — waarde vir jou geld.

Elephant Rock Private Safari Lodge spog met 5 luukse suites wat goed ingerig is en 'n gesinseenheid. Die ruim suites is privaat en het elkeen 'n en suite-badkamer, privaat dek en buite-stort. Die suites bied ook pragtige uitsigte oor die watergat en die inheemse bosveld.

Geniet die asemrowende uitkyk-dek, ontspan terwyl jy na die wild en voëls kyk of koel in die swembad af. Heerlike maaltye word deur die inwonende kok voorberei en kan by die boma, onder die sterre op die uitkyk-dek of by die hooflodge, genuttig word.

Elephant Rock is op die Nambiti Privaat Wildreservaat geleë waar die Groot 5 en ander wild volop is. Nambiti is 'n 10 000 hektaar-reservaat met diverse habitat, die Groot 5 (leeu, buffel, renoster, olifant en luiperd) en ander wildspesies soos jagluipers en hiënas. Daar is na beraming meer as 250 voëlspesies in dié reservaat. Nambiti is perfek geleë, 3 en 'n half uur vanaf Durban, 4 en 'n half uur vanaf Johannesburg, in die hartjie van KwaZulu-Natal se slagveld-gebied soos Rorke's Drift, Isandlwana, Elandslaagte en Ladysmith.

By Elephant Rock kan gaste kies waar hulle maaltye wil nuttig. Op koue aand kan gaste rondom die vuur by die hooflodge aan etes smul, of 'n tradisionele maaltyd langs die boma-vuur geniet. Maaltye word ook op die asemrowende dek wat uitkyk oor die watergat bedien. 'n Heerlike bos-ontbyt of -aandete kan selfs in die hartjie van die Nambiti Privaat Wildreservaat gereël word.

Elephant Rock is die perfek vir 'n feestelike wegbreek. Die lodge kan ekslusief gebruik word. Jy kan op versoek jou eie spyskaart beplan, die tyd van wildritte en jou maaltyd-bestemming self bepaal.

Doendinge sluit wildritte (ongeveer 3 uur lank, afhangend van die besigtigings en die weer), boma-maaltye (sou die weer dit toelaat), bosontbyte (op versoek), kunsvlieghengel (seisoenaal), masseer-terapie (op versoek en teen ekstra koste) en slagveld-teore (op versoek en teen ekstra koste) in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Elephant Rock Private Safari Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Nambiti Game Reserve, , Ladysmith, 3370, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Elephant Rock Private Safari Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R6 590
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R6 590
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Nambiti Game Reserve, , Ladysmith, 3370, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 3
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNiYjZiMTc5LTNiMTAtNGEzMS04Y2ZlLTE2MmEwYWY4ZWQwMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 590 per nag, vir 2 mense 1 5 1 5 Nambiti Game Reserve D46 3370 KwaZulu-Natal 021 201 8901 12:00-18:00 11:00 -28.488646425637 29.855614900589