Grabouw Akkommodasie by Elgin Grabouw Country Club Guest House | LekkeSlaap
+45

Elgin Grabouw Country Club Guest House

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Worcesterstraat, Elgin Grabouw-buiteklub, Grabouw, 7160, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Hierdie gastehuis is op Elgin Grabouw-buiteklub se gronde geleë en word omring deur die Hottentots-Hollandberge in die noorde en die Kogelberg Biosfeerreservaat in die suide.

Ons pragtige selfsorgeenheid beskik oor 2 slaapkamers, 'n privaat badkamer, 'n oopplan-leefarea met 'n kaggel en 2 ekstra enkelbeddens, asook 'n volledig toegeruste kombuis. Daar is 'n sonnige stoeparea met braaigeriewe wat oor die krieketveld, woud, berge en die Eikenhofdam uitkyk.

Daar is ook 'n gastekamer reg langs die gastehuis. Dit het 'n semi-oopplan-uitleg en bied slaapplek aan 2 gaste. Dié woonstel het ook 'n kombuisie en 'n badkamer met 'n stort.

Ander doendinge op die perseel sluit baarshengel, muurbal, tennis, roei/kajakvaarte en swem in. (Neem kennis: Alle water-aktiwiteite by Eikenhofdam is weens die erge droogte deur die Waterverbruikersvereniging gestaak tot verdere kennisgewing).

Grabouw is 'n welige groen paradys wat omring word deur eindelose woude, boorde en wingerde. Dit is bekend vir sy appels en vrugte, maar ook vir sy wyn en rose. Neem 'n kort rit na een van die pragtige plase in die omtrek om wyn te proe of om net die uitsig in te drink. Daar is ook fietsry- en wandelroetes wat reg langs die klub begin.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete
  • Middagete
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 10 resensies vir Elgin Grabouw Country Club Guest House
Netheid
4.1/5
Diens
3.9/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Worcesterstraat, Elgin Grabouw-buiteklub, Grabouw, 7160, Wes-Kaap
  • Gaste dink Elgin Grabouw Country Club Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R750
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Worcesterstraat, Elgin Grabouw-buiteklub, Grabouw, 7160, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM5YWFmZWE4LWU1NjItNDAyMy1hOTU5LTNmNGQ5ZjNmNzQzMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (vir 2 persone) 10 5 1 5 Worcester Street Elgin Grabouw Country Club 7160 Wes-Kaap 086 999 0018 13:00-21:00 10:00 -34.128032 19.023473
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za