Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Elim Bed & Breakfast

B&B
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Piet Fransman Straat, , Kuilsriver, 7583, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Elim Bed & Breakfast is naby Stellenbosch se wynroete geleë wat die bekenste wynroete in die land is. Daar is 'n verskeidenheid ander besienswaardighede en geriewe in die omgewing, soos konferensiesentrums, 2 manjifieke gholfbane, winkelsentrums, rolprentteaters, 'n gimnasium, topgehalte restaurante en voetslaanpaaie.

Daar is 10 elegante en gerieflike en suite-kamers. Elke kamer beskik oor 'n TV met M-Net en DStv, telefoon (slegs interkom), yskassie, gehalte-linne en handdoeke, koffie- en teemaakgeriewe, skryflessenaar/werkstasie vir die sakereisiger en student, gratis WiFi, 'n privaat ingang, plafonwaaier en 'n elektroniese kluis. Die volgende is op versoek beskikbaar: 'n haardroër, strykgeriewe, 'n gratis koue filterwater wat 24 uur beskikbaar is, lugversorging en onderdakparkeerplek op die perseel agter afstandbeheerde hekke op 'n eerste-gesien-eerste-bedien-basis.

Ons het 'n lieflike patio met 'n omheinde swembad om in te ontspan en daar is ook braai- en kroeg-geriewe waar sakereisigers én vakansiegangers tuis sal voel en hul batterye kan herlaai. Ons lewer diens met 'n glimlag en by Elim sal jy so tuis soos by jou eie huis voel, of jy nou hier is vir sake of plesier.

Die nuwe Zevenwacht Winkelsentrum is ook net 2 km van ons af en die Zevenwacht Wynlandgoed met sy uitmuntende restaurant is ook die besoek werd. Kaapstad en die bekende waterfront is net 30 km van hier af en Stellenbosch net 20 km. Bloubergstrand en Gordonsbaai is net 25 km van ons af. Dit plaas Kuilsrivier reg in die middel van die Kaapse Skiereiland wat Elim B&B dus die ideale blyplek maak as jy die Wes-Kaap wil verken.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Vlaams
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 16 resensies vir Elim Bed & Breakfast
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Andre & Merle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Jaar gelys 12

Ligging

  • 6 Piet Fransman Straat, , Kuilsriver, 7583, Wes-Kaap
  • Gaste dink Elim Bed & Breakfast het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R950
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 6 Piet Fransman Straat, , Kuilsriver, 7583, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZmNjZlZmI1LTZkMGYtNGJkOS05YjRjLWJlNDgyNGU3ZTk5Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 16 5 1 5 6 Piet Fransman Street Amandelrug 7583 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-00:00 10:00 -33.925543662542 18.691976666451
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem