Hoedspruit Akkommodasie by Emeveni Bush Lodge Among the Thorns | LekkeSlaap
+119

Emeveni Bush Lodge Among the Thorns

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Appelblaarstraat 304, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1384, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R7 200 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

Emeveni Bush Lodge Among the Thorns is in die hartjie van die Hoedspruit Wildlandgoed geleë en is 'n gerieflik gemeubileerde huis vir vriende en familie met slaapplek vir 6 gaste.

Die huis is omring deur bosveld en beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging, koninggrootte-beddens en en suite-badkamers. 'n Bababedjie is op versoek beskikbaar. Die hoofslaapkamer lei na 'n dek en 'n swembad, sowel as 'n buite-stort.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, breekware en eetgerei toegerus. Die opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en 'n ysmasjien. WiFi is ook beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n onderdakdek wat oor die boma en swembad uitkyk. As gaste gelukkig is, sal hulle ook die nagapies onder die grasdak gewaar. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Gaste kan Emeveni Bush Lodge se eie wildvoertuig gebruik om wild te besigtig en kan ook die bergfietse gebruik op roetes in die bos - by die tarief ingesluit. Die Hoedspruit Wildlandgoed spog met goeie voëlkyk-geleenthede en wild, soos zebras, rooibokke, kameelperde, wildebeeste, vlakvarke en koedoes.

Slaapplek

’n Bespreking by Emeveni Bush Lodge Among the Thorns sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 3 resensies vir Emeveni Bush Lodge Among the Thorns
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Appelblaarstraat 304, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1384, Limpopo
  • Gaste dink Emeveni Bush Lodge Among the Thorns het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R7 200
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R7 200
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Appelblaarstraat 304, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1384, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAOdQ7FIgqRm9hktEmT1l1JljvGhNZRReEVEscwo6UQ9wJsfmzIi?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R7 200  per nag (vir 6 persone) 3 5 1 5 304 Appelblaar Road Hoedspruit Wildlife Estate 1384 Limpopo 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -24.346611588141 30.979189606407
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za