Enchanted Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Enchanted Guest House is geleë in die hartjie van Bantry Bay waar die see, berg en stad pragtig vervleg is. Hierdie Victoriaanse huis het 'n kalm en vreedsame atmosfeer wat jou so tuis sal laat voel soos by jou eie huis. Ons het 'n moderne benadering tot gasvryheid en beskik oor vriendelike personeel.

Ons het 8 elegant versierde, ruim slaapkamers. Die meeste van ons kamers beskik ook oor 'n privaat stoep of balkon met wonderskone uitsigte op die berg of die see. Die gastehuis is volledig toegerus met en suite-storte, lugversorging, gerieflike beddens, moderne platskerm-TV's, haardroërs, koffie- en teemaakgeriewe, yskassie en kluis. Ons voorsien swem/strandhanddoeke, vervoer na- en van die lughawe af en begeleide toere aan ons gaste. Gaste is ook welkom om gebruik te maak van die komplimentêre WiFi.

Ons gastehuis en die buite-area met 'n swembadjie en braaigeriewe is die perfekte plek om te ontspan.

Ons ontbyt buffet word soggens tussen 08:00 en 10:00 (naweke tot 11:00) bedien. Ons bedien 'n wye verskeidenheid kase, vars vrugte, ontbytgrane, jogurt, smere, vars vrugtesap en 'n heerlike warm ontbyt met eiers (geroer, gebak, geposjeer of gekook), "Macon", Viennas en sampioene. Ons sit elke dag iets nuuts op die spyskaart, soos plaatkoekies, pannekoek en gebak.

Ons is net 'n paar minute van Kampsbaai, die V&A Waterfront, Kaapstad se sakekern en die KIKS af. Alles wat jy nodig het, soos winkels, 'n supermark, banke, poskantoor en restaurante is stapafstand van Enchanted Guest House af. Ons is ook perfek geleë vir diegene wat al Kaapstad se besienswaardighede wil verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Enchanted Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za