Claremont Akkommodasie by Enhance Cottage | LekkeSlaap
+14
+14

Enhance Cottage

8 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Proteaweg 43, Claremont , 7708, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12

Beskrywing

Enhance Cottage bied volledig gemeubeleerde akkommodasie met selfsorgfasiliteite vir 2 persone. Die kothuis staan op die veilige perseel van 'n tandheelkundige praktyk in die hartjie van Claremont, een van Kaapstad se bedrywige voorstede. Enhance Cottage bied alles wat jy nodig het vir gerieflike, rustige selfsorgverblyf.

Die kothuis het 1 en suite-slaapkamer met 'n dubbelbed wat oorgetrek is met luukse linne (handdoeke word voorsien) en daar is ook 'n addisionele gastebadkamer. Daar is 'n skoonmaakdiens 2 maal per week en dit word by die tarief ingesluit.

Daar is 'n sitkamerarea met 'n TV, DStv en 'n DVD-speler. Die ten volle toegeruste kombuis het 'n stoof, mikrogolfoond, yskas met 'n vrieskas, 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien.

Verder is die kothuis toegerus met lugversorging, haardroër, strykyster, kluis en WiFi. Veilige onderdakparkering agter 'n afstandbeheerde hek is beskikbaar vir 1 motor. Jy sal 'n afstandbeheertoestel ontvang wat jy kan gebruik gedurende jou verblyf.

Claremont is in die hartjie van Kaapstad se suidelike voorstede. Die kothuis is net 3 minute se stap vanaf Cavendish Square Winkelsentrum met al sy winkels, filmteaters, banke en restaurante. Gaan maak gerus 'n draai by hierdie winkelsentrum, Nuweland en Sahara Park, of pak 'n piekniekmandjie en besoek Kirstenbosch Botaniese Tuin en die Rhodes Gedenkteken.

Slaapplek

’n Bespreking by Enhance Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Gratis WiFi
  • WiFi

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 8 resensies vir Enhance Cottage
Netheid
4.9/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Proteaweg 43, Claremont , 7708, Wes-Kaap
  • Gaste dink Enhance Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Proteaweg 43, Claremont , 7708, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFlNjhkOTg0LTRlMjktNGVkNi05ZmNmLTU5ZDk2ZGNiOTE5Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 8 5 1 5 43 Protea Road Claremont 7708 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -33.979933498885 18.461001766865
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za