Vyf Brakke Fonteinen Akkommodasie by EnJoy @ Hartenbos | LekkeSlaap
+9
+9

EnJoy @ Hartenbos

  • Vanaf R1 150 per nag (vir 4 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Louise Fourie-straat, Innikol, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

EnJoy @ Hartenbos bied billike verblyf in die rustige kusdorpie genaamd Hartenbos naby Mosselbaai. Dié eenheid is sentraal geleë. Dis in 'n sekuriteitskompleks naby Langeberg Mall, strande en restaurante.

EnJoy @ Hartenbos is 'n eenslaapkamer-eenheid met slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders en is op die derde verdieping geleë. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, ingeboude kaste en daar is 'n aparte badkamer met 'n stort. Daar is 'n slaapbank in die leefarea, asook ’n platskerm TV met Openview HD-kanale en 'n DVD-masjien. Gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, kookgerei, en koffie- en teemaakgeriewe. Die leefarea het gerieflike sitplek en dit lei na die balkon met ’n ingeboude braaiplek en eetarea. Veilige parkeerplek is beskikbaar in die kompleks.

Doendinge in die omgewing sluit swem, ’n pretpark, verfbal, haaihokduik, branderplankrylesse, ski-duik, visvang, hengel, kanovaart, walviskyk, bootritte, oefenbof en voetslaan in.

Slaapplek

’n Bespreking by EnJoy @ Hartenbos sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 16 resensies vir EnJoy @ Hartenbos
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Louise Fourie-straat, Innikol, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink EnJoy @ Hartenbos het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 150
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 150
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 150
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Louise Fourie-straat, Innikol, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc3NDVjY2M3LTkzMjMtNGRjMy05ODM4LWFjM2IwYTY4ZDgwNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 150  per nag (vir 4 persone) 16 5 1 5 Louise Fourie Road Innikol 6520 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.134853955484 22.102454421951
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za