Erika
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Proteastraat 10, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 500 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
Erika is 'n gerieflike huis op 'n meervlakkige eenheid wat met 2 ander woonstelle op die onderste verdieping gedeel word. Dié 2 woonstelle, Annie's en Fagan's, kan apart of saam bespreek word. Hiér sal jy amper so tuis soos by jou eie huis voel.
Erika het 3 dubbelslaapkamers, 'n groot kombuis, en 'n ruim sitkamer- en eetkamerarea met pragtige see-uitsigte. Dis net 500 m vanaf die swemstrand en 200 m vanaf die winkelsentrum en restaurante. Erika is stapafstand van al Struisbaai se besienswaardighede.
Erika is in 'n groot fynbostuin met 'n grasperk geleë wat dit lekker rustig maak. Daar is 'n dubbelslaapbank en 'n enkel-divan in die sitkamer wat dié eenheid perfek maak vir 7 gaste.
Erika het 2 badkamers. Die een badkamer het 'n bad, 'n wasbak en 'n aparte toilet en die ander een het 'n toilet, 'n wasbak en 'n en suite-stort.
Die ruim kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n vierplaatstoof en 'n oond, 'n mikrogolfoond, 'n outomatiese wasmasjien en oorgenoeg kombuistoebehore.
Die gerieflike, ekstra groot sitkamer is perfek vir luilekker kuier saam met 'n klomp vriende. Daar is 'n platskerm-TV met 'n skottel en 'n OVHD-dekodeerder. Gaste kan hul eie DStv-dekodeerder saambring. Erika het vinnige onbeperkte vesel-WiFi beskikbaar en 'n UPS om Wi-Fi te verskaf selfs wanneer daar kragonderbrekings is.
Daar is 'n groot beskutte binnehof met wasgoedlyne en 'n waskamer met 2 wasmasjiene.
Erika is teen 'n skuinste geleë. Die ingang is op die grondvloer, maar die voorste gedeelte van die huis is op die boonste verdieping. Die 2 kleiner woonstelle, Fagan en Annies, is onder die voorste gedeelte van die huis. Dié woonstelle het elkeen slaapplek vir 4 gaste en kan apart of saam met Erika bespreek word sodat die hele eenheid slaapplek vir 15 gaste het.
Erika is perfek vir 'n gerieflike vakansie!
Slaapplek
’n Bespreking by Erika sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Vlaams
- Duits
Maaltye Aangebied
- Tee
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Tv
Opsomming van Resensie
Ligging
- Proteastraat 10, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Gaste dink Erika het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Struisbaai Agulhas Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Proteastraat 10, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom