Mtunzini Akkommodasie by Escape To Zululand The Jewel Of The North Coast | LekkeSlaap
+5
+5

Escape To Zululand The Jewel Of The North Coast

Selfsorg
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Unit 6 Green Gables, , Mtunzini, 3867, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Escape To Zululand The Jewel Of The North Coast is 'n selfsorg-eenheid met 'n ideale ligging in die Green Gables-kompleks in Mtunzini. Mtunzini beteken 'plek in die skaduwee' en is 'n idilliese kusdorpie, net 90 minute se ry vanaf Durban op die N2-hoofweg. Green Gables het 'n lieflike uitsig oor die Umlalazi Natuurreservaat, die noordelike deel van Siyaya Kuspark. Die omgewing se natuurskoon is absoluut ongerep en die strandmere en luisterryke strande is veral gewild onder hengelaars, branderplankryers en swemmers. Die reservaat het ook piekniekplekke waar jy kan uitspan en kyk vir die wild en voëls, sebras en duikers is die meeste van die tyd te sien.

Die eenheid is ten volle gemeubeleer en toegerus met 'n verskeidenheid moderne toebehore vir gerieflike verblyf. Daar is slaapplek vir 6 persone 3 slaapkamers en die eenheid het 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis, sitkamer een eetarea. Al die kamers het lugversorging en beddegoed word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg, die gerieflike sitkamer-area het 'n platskerm-TV en daar is 'n klein stoep-area met buitemeubels waarop jy lekker kan sit en ontspan.

Mtunzini Buiteklub met sy pragtige gholfbaan (18 putjies) en uitsigte oor die strandmeer en die strand is baie naby aan Escape To Zululand.

Ligging

  • Unit 6 Green Gables, , Mtunzini, 3867, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Unit 6 Green Gables, , Mtunzini, 3867, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ2NWQ3ODhiLTNhODMtNGJkOC1iODg3LTg2YTEyMTZlNzA4Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 6) Unit 6 Green Gables 10 Siyayi Drive 3867 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.9552 31.759174
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za