Voorbaai Akkommodasie by Estoril Villas 103 | LekkeSlaap
+29
+29

Estoril Villas 103

Selfsorg
  • Vanaf R2 450 per nag (plek vir 7)
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach East Boulevard 26, Voorbaai, Diaz-strand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Estoril Villas 103 is 'n moderne, luukse woonstel in die gewilde Diaz-strand, Mosselbaai, en bied gehalte-verblyf naby die strand, verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.

Die woonstel het 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 7 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde kameer het 'n stapelbed en 1 enkelbed. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak, en daar is 'n aparte gastetoilet.

Daar is 'n oopplan-leefarea met 'n kombuis, sitarea en eetarea. Die kombuis is volledig toegerus met 'n mikrogolf, broodrooster, toebroodjiemaker, oond, stoof en suigwaaier, 'n wasmasjien, tuimeldroër, yskas-vrieskas en skottelgoedwasser.

Die sitarea het egte leerbank en 'n pragtige donkerhout-etenstafel met 8 leersitplekstoele. Daar is 'n TV met volledige DStv en WiFi.

Die gedeeltelike ommuurde balkon het braaigeriewe, buite-meubels en 'n pragtige see-uitsig.

Besienswaardighede en doendinge sluit lang strande, 'n verhitte swembad, Diaz Waterpark, Diaz Hotel, vermaak vir kinders en lieflike restaurante in. Hartenbos, Mosselbaai en Langeberg Winkelsentrum is slegs 5 minute se ry weg.

Slaapplek

’n Bespreking by Estoril Villas 103 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed

Ligging

  • Beach East Boulevard 26, Voorbaai, Diaz-strand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 450
per nag (plek vir 7)
Vanaf R2 450
per nag (plek vir 7)
Vanaf R2 450
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach East Boulevard 26, Voorbaai, Diaz-strand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAxhDfbcKS4xBNXWNyl4a0m56uHT2irNLDJSJeeQd93UuPpBWJK8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 450  per nag (plek vir 7) 26 Beach East Boulevard Voor Bay, Diaz Beach 6506 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.161250453924 22.109064350297
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za