Ether Cottage and House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ether Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in Houtbaai. Dié bekoorlike kothuis front noord en skuil in 'n groot inheemse tuin met 'n pragtige uitsig. Ether Cottage is hoog teen die berg en kyk uit oor Tafelberg se rug en Oranjekloof Natuurreservaat.

Die kothuis is langs die hoofhuis en het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers. Die badkamer het 'n bad en stort, en daar is 'n oopplan-kombuisie en -leefarea, en 'n privaat dek. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die leefarea bestaan uit 'n kombuisie, 'n klein eetkamer met 'n tafel en stoele, en 'n sitarea met Apple TV en Netflix. Gaste het toegang tot 'n aparte ingang, veilige parkeerplek, en gratis WiFi. 'n Alarmstelsel en diefwering bied sekuriteit.

Ether Cottage staan op 'n perseel van meer as 'n hektaar wat spog met inheemse flora en voëllewe. Gaste is welkom om die tuin, swembad, gazebo, en braaigeriewe te benut.

Constantia-nek met al sy byderwetse restaurante is net 5 minute van hier af. Groot Constantia, Constantia Glen, Silvermist, Beau Constantia, en ander wynplase is net sowat 10 minute van hier af. Gaan maak gerus 'n draai by die strande en al die winkels in Houtbaai se middedorp.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ether Cottage And House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 395 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false