Linkside Akkommodasie by Eventide | LekkeSlaap
+40
+40

Eventide

7 resensies
Gastehuis
  • Vanaf R880 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rodgerstraat 79 , Mosselbaai, 6505, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 6

Beskrywing

Eventide is op 'n heuwel in die hartjie van Mosselbaai geleë, met 'n uitsig oor die baai en op die Outeniekwaberge. Gaste word bederf met gerieflike, ruim selfsorgverblyf wat goed ingerig is. Die eenhede is ook naby die meeste geriewe en die strand.

Die gastehuis bied 2 selfsorgopsies: die selfsorgwoonstel en die eenheid op die boonste verdieping. Die selfsorgwoonstel het 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea, asook 'n balkon met 'n uitsig. 'n Slaapbank is beskikbaar, dus is die woonstel geskik vir 'n gesin met 2 klein kinders onder 6 jaar. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof, oond en 'n mikrogolf en daar is 'n TV met sekere DStv-kanale in die sitarea.

Die eenheid op die boonste verdieping beskik oor 3 en suite-slaapkamers wat elk 'n dubbelbed het. Daar is 'n kombuis wat toegerus is met 'n mikrogolf, 'n drieplaatstoof, oond, yskas-vrieskas en 'n etenstafel, asook 'n sitarea met 'n TV en sekere DStv-kanale. Die eenheid bied lieflike uitsigte.

Gaste verkyk hulself gewoonlik aan die bedrywighede in die baai. Die sleepbote is daagliks aan die werskaf en die luukse passasierskepe doen jaarliks hier aan.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 7 resensies vir Eventide
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Rodgerstraat 79 , Mosselbaai, 6505, Wes-Kaap
  • Gaste dink Eventide het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R880
per nag (plek vir 2)
Vanaf R880
per nag (plek vir 2)
Vanaf R880
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rodgerstraat 79 , Mosselbaai, 6505, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 6
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIxNTU0MDAzLWM2YTYtNDA1OC1iNjAyLTY1YjFkODY0MTEyZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R880  per nag (plek vir 2) 7 5 1 5 79 Rodger Street Mossel Bay 6505 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.185451538466 22.14661359787
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za