Evesham Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Evesham Cottage is die ideale wegbreekplek vir paartjies op soek na stilte, privaatheid en vrede. Die kothuis is geleë in Sandbaai, 'n stil hoekie tussen Onrus en Hermanus, so hier is jou broodjie sommer aan albei kante gebotter. Die strand is sowat 500 m van ons af, so dis naby genoeg om 'n entjie te gaan wandel.

Evesham Cottage bied gerief vir die oordeelkundige reisiger. Daar is 2 slaapkamers, 1 met 'n dubbelbed en die ander met 2 enkelbeddens. Die eerste slaapkamer is langsaan 'n volledige badkamer en die tweede slaapkamer is langsaan 'n aparte stort met 'n toilet en wasbak. Daar is 'n oopplan-leefarea met TV, eetkamer en volledig toegeruste kombuis, privaat braai-area en 'n omheinde tuin wat die prentjie afrond. Daar is ook veilige parkeerplek beskikbaar.

Die afrit na Sandbaai is net oorkant die hek na die Hemel-En-Aarde Wynroete en dis ook naby genoeg aan geriewe. Die walvisse kom baljaar in seisoen en die besoekers geniet dit terdeë. Kom luister na hulle geroep en die geluide van die see. Sandbaai is gewild onder besoekers wat op die strand wil gaan stap en net die natuur wil bewonder. Die kothuis is volledig toegerus met gehalte linne en handdoeke, maar strandhanddoeke word nie voorsien nie.

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Waaier

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Evesham Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false