Ex Deo Seekoei

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ex Deo Seekoei is 'n selfsorgkothuis in die ongerepte bos in die Marlothpark-reservaat - 'n wildreservaat en vakansiedorp waar diere vrylik beweeg. Die kothuis is 50 m van die Krokodilrivier en Krugerwildtuin-heining af en ideaal vir diegene wat wil wildkyk.

Dié gerieflike kothuis is volledig ingerig en bied slaapplek aan 10 gaste. Daar is 3 slaapkamers op die grondverdieping en waarvan 1 en suite is, en daar is 2 en suite-slaapkamers bo. Die slaapplek bestaan uit 2 dubbelbeddens en 6 enkelbeddens. Linne en badhanddoeke word voorsien. Verder is daar ook 4 volledige badkamers en 'n groot oopplan-kombuis en -leefarea. Al die kamers en die leefarea bied lugversorging. Die leefarea het 'n TV met volledige DStv.

Gaste kan tydens die somer in die swembad ontspan of om die boma gedurende die winter. Die braai is gerieflik in die boma geplaas sodat vriende en familie saam kan ontspan.

Die eiendom is 500 m vanaf die Korokodilrivier en bied voël- en natuurliefhebbers die geleentheid om die omgewing te verken. Kameelperde, sebras, koedoes, wildebeeste, impalas, vlakvarke, bobbejane en blouape, asook klein wildspesies, voëls en reptiele kan gewaar word. Baie van dié diere sal gereeld 'n draai by jou kom maak.

Slaapplek

'n Bespreking by Ex Deo Seekoei sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ex Deo Seekoei gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za