Executive Suite in Woodmead East, Sandton

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Executive Suite is in die hartjie van Woodmead East in Sandton en bied die perfekte verblyf vir paartjies en sakelui. Dit is agter 'n dubbelverdiepinghuis in 'n groot tuin met 'n swembad, eende en khoivis-damme geleë. Dit is ideaal vir paartjies of sakereisigers.

Die suites het elk 'n ruim slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n sitkamer met 'n LED-TV en DStv. Die slaapkamers het genoeg kaste, 'n lessenaar en stoel. Daar is 'n dubbelwasbakeeheid, ruim reënstort met 'n handstort, bad, en privaat toilet in die en suite-badkamer. Daar is ook 'n Nespresso-masjien, oond, stoof, mikrogolfoond, vrieskas, yskas, ketel en strykyster in elke kombuis en in van die suites is daar 'n wasmasjien en tuimeldroër. Daar is WiFi in die kamer en 'n skoonmaakdiens word ingesluit. 'n Stel trappe bied toegang tot die suite en daar is ook 'n bedekte stoep met meubels. Gaste geniet ook toegang tot die privaat motorhuis en tuin.

Die perseel is omring deur 'n hoë muur en 'n elektroniese hek met 'n interkomstelsel.

Die rustige woonbuurt is in Woodmead Oos geleë, en word gedeeltelik omring deur 'n gholfbaan aan die een kant en kantore aan die ander kant. Daar is maklike toegang tot hoofweë van die woonbuurt af. Daar is 2 ingange met wagte wat 24 uur per dag aan diens is. Omliggende woonbuurte sluit in: Sunninghill, Gallo Manor, Rivonia, Waterfall en Kyalami. Die ligging bied maklike toegang tot verskeie restaurante, boetieks, winkelsentrums, vermaak en 'n gholfbaan. Korporatiewe kantore van Eskom, Cell C, Hitachi en PWC is naby aan die suite geleë. Daar is ook ingenieurskantore, konferensiefasiliteite en die Sunninghill Hospitaal.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Executive Suite In Woodmead East, Sandton gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za