Faan's 1 Bed Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Faan's 1 Bed Apartment bied selfsorgverblyf in 'n veilige gebou in Kaapstad se middestad. Die gebou is ideaal geleë naby 'n verskeidenheid vermaak- en sakegeriewe in die middestad.

Die woonstel beskik oor 'n slaapkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, ingeboude kaste en 'n elektriese kluis. Die en suite-badkamer het 'n aparte stort en 'n bad. Die oopplan-kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof, Nespresso-koffiemasjien, 'n verskeidenheid kookgerei, eetgerei, 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien-tuimeldroër.

Die sitkamer langsaan het 'n etenstafel met sitplek vir 4 en die sitkamer het 'n TV met sekere DStv Compact-kanale. Die leefarea bied toegang tot 'n klein Juliette-balkon met uitsigte oor die area. Die gebou het ook 'n binnehuise swembad, klein gemeenskaplike gimnasium, 24 uur-sekuriteit, 'n ontvangstoonbank en aangewese parkeerplekke met afstandbeheerde toegang.

Die gebou is ook ideaal geleë naby die naglewe, restaurante, museums, die MyCiTi-bushalte en dis 2 km vanaf die KIKS en Kunstekaap-teater.

Slaapplek

'n Bespreking by Faan's 1 Bed Apartment sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Faan's 1 Bed Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R895 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false