Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fairhills Caravan Park and Camping Ground

Selfsorg
  • Kapasiteit: 278 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fascadaleweg 25, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R290 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Fairhills Caravan Park and Camping Ground is teen die rollende heuwels van KwaZulu-Natal se Suidkus, net 1,9 km vanaf Ramsgate se blouvlagstrand en strandmeer. Gaste kan 'n ontspannende vakansie by dié kusoord geniet met 'n rustige omgewing, volop voëllewe.

Verblyf is beskikbaar in 44 kampeer- en karavaanterreine met verskeie groottes staanplek beskikbaar. Die groter staanplekke kan vir beide groot en mediumgrootte karavane of tente gebruik word. Elke kampeerterrein het 'n elektriese kragpunt en 'n afgebakende braai-area. Daar is verskeie sonnige en skadu-staanplekke. Die mediumgrootte staanplekke is effens kleiner as van dei groter karavaan-staanplekke. Meeste, indien nie almal nie, het plek vir 'n tent met slaapplek vir 4 tot 6 mense.

Daar is 3 ablusieblokke wat watertoevoer vanaf 'n boorgat kry indien nodig. Die groter, hoof ablusiegeriewe is by die boonste terras, terwyl die ander 2 kleiner ablusieblokke naby die laer en middel terras-areas is. Elke ablusieblok het 'n opwasarea en handwasgeriewe vir wasgoed. Daar is ook 'n wasmasjien wat met munte werk in die middel ablusieblok se wasgoedgeriewe, asook 'n eerlikheidsbiblioteek met verskeie boeke en tydskrifte.

Verblyf is ook beskikbaar in 'n selfsorgkaravaan, ideaal vir gaste wat die ondervinding wil geniet, sonder om 'n karavaan te sleep. Die karavaan het slaapplek vir 2 gaste en 'n privaat patio-area met draagbare braaigeriewe en kampmeubels op die dek. Gaste het toegang tot die gemeenskaplike ablusieblokke wat naby is.

Die oord bied ook 'n vierslaapkamergastehuis met slaapplek vir 8 gaste. Die huis beskik oor 2 badkamers, 'n gastetoilet en 'n kombuis, sitkamer en eetarea. Die huis het sekere DStv-kanale en 'n patio-area met 'n veerpyltjiebord langsaan die braai en vuurput.

Let asb. daarop dat nie alle staanplekke ongeboude braai's het nie. Draagbare braai's kan vanaf die perseel se kantoor verkry word met 'n terugbetaalbare deposito. Die oord het ook 'n gemeenskaplike swembad, trampolien, klimraam, sport- en speletjiesarea en 'n voetslaanroete vir gaste om te geniet.

Ramsgate is tussen Margate en Southbroom met toegang tot die Suidkus se strande en besienswaardighede soos diepseevisvang. Wild 5 Adventures by Oribi Gorge, Wild Coast Sun en gholfbane.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 7 resensies vir Fairhills Caravan Park and Camping Ground
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Fascadaleweg 25, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Fairhills Caravan Park and Camping Ground het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R290
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R290
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 278 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fascadaleweg 25, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAEKWfChvKtlV1B9el3tPTPIZ64U1ZOhBaSrH1PaZJbibzA86Edv?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R290 per nag, vir 2 mense 7 5 1 5 25 Fascadale Road Ramsgate 4285 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.884699040878 30.336977967819