Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Fairview Cottages

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Zylstraat 4, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Fairview Cottages bied gemaklike selfsorg-akkommodasie in die dorpie Clarens, stapafstand van verskeie winkels en restaurante af. Clarens is aan die voorheuwels van die Malutiberge - 3 bergreekse wat ouer as die Alpe is - geleë en is naby die Golden Gate Nasionale Park.

Die akkommodasie bestaan uit 3 lieflike selfsorg-kothuise: Garden View, Titanic View en Eagle's View. Al die eenhede het 'n dubbelbed, en suite-badkamer, 'n eetarea en 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, mikrogolfoond, stoof en koffie- en teemaakgeriewe. Ander geriewe sluit 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler met 'n verskeidenheid films. Elektriese komberse, beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Buite is daar veilige parkeerplek beskikbaar vir gaste.

Clarens staan bekend as die "juweel van die Vrystaat" as gevolg van die natuurskoon. Die dorpie is in 'n natuur-beskermingsgebied geleë en bied lieflike staproetes na die spitse van die sandsteenberge, wat asemrowende uitsigte oor die dorp, Malutiberge en die golwende koring- en mielielande bied.

Die dorp is ook bekend vir sy kunsroete, verskeidenheid winkels, boetiek bierbrouery en restaurante. Die ou sandsteen geboue beklemtoon die historiese egtheid van die dorp. Clarens is die ideale wegbreekplek vir stadsjapies wat van Johannesburg, Bloemfontein en Durban af reis. Die stede is almal omtrent 300 km van Clarens af weg.

Fairview Cottages is ideaal geleë om die winkels, restaurante, kunsateljees, plaaslike kerke en staproetes te bereik. Die naaste restaurant is net 3 geboue van ons af en die spruit-wandelpaadjie begin skaars 40 m van ons voorhek af!

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Spaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 298 resensies vir Fairview Cottages
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Brenda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 298

Jaar gelys 10

Ligging

  • Van Zylstraat 4, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Fairview Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Zylstraat 4, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGExNjU3YzJkLWM2YTItNDNhYi04YzE0LWM0NDhkZjI4NTFlOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 298 5 1 5 4 Van Zyl Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -28.513350505681 28.419377906746
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem