Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Farhills Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cathkin-plaas, Vanaf die R600, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R8 400 per nag, vir 14 mense

Beskrywing

Farhills Guesthouse is in die Sentraal Drakensberge op pad na Champagne Sports Resort geleë en dis ideaal vir 'n groep of familie van 14 mense.

Akkommodasie beskik oor 'n ruim huis met slaapplek vir 10 gaste en 'n kothuis met slaapplek vir 4 gaste. Let wel dat 'n minimum van 6 gaste vir langnaweke en vakansies moet bespreek. Die huis het 5 slaapkamers en 4 badkamers. Een van die kamers het 'n dubbelbed en die ander kamers het elkeen 2 enkelbeddnes wat in koninggrootte-beddens omskep kan word. Die groot kombuis is met 'n stoof, oond en mikrogolfoond toegerus en gaste kan hul maaltye in die eetkamer wat op die stoep oopmaak geniet. Gaste kan ook in die sitkamer met 'n TV of in die tweede sitkamer met 'n knus kaggel ontspan.

Die kothuis is apart van die hoofhuis en beskik oor 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens elk en 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is ook 'n kombuisie met 'n tweeplaatstoof, oond en yskas en gaste kan in die klein sitkamer met 'n TV ontspan.

Die huis en tuin is in 'n groot tuin geleë en daar is baie plek om krieket te speel. Daar is 'n piekniekplek 300 m van die huis af. Gaste kan ook in die swembad afkoel of die plaas op hulle fietse verken. Die eienaar kan gaste op versoek op bergfietsritte neem. Die Valley Bakery is stapafstand van die huis af en gaste kan heerlike ontbyte en middagetes daar geniet.

Die Champagne Sports Resort is net 3 km weg en gaste kan daar gholfspeel. Die Drakensberg Seunskoor het konserte elke Woensdagaand en dis net 7 km weg. Daar is verskeie doendinge soos voetslaan, Zipline, riviervlotvaart en vele meer in die omgewing.

Slaapplek

’n Bespreking by Farhills Guesthouse sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 7
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 12 resensies vir Farhills Guesthouse
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Simon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Jaar gelys 5

Ligging

  • Cathkin-plaas, Vanaf die R600, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Farhills Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R8 400
per nag, vir 14 mense
Vanaf
Vanaf R8 400
per nag, vir 14 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cathkin-plaas, Vanaf die R600, Cathkin Park, 3340, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA84fd35dd605f08ca73fb74331ddb5419925310350708b3e351bcc1734e3771529cdc25b9f6bd1ea396298f80938d365a544d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 400 per nag, vir 14 mense 12 5 1 5 Farm Cathkin Off the R600 3340 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.980374942415 29.481655955314
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem