Farr Out

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Wanneer jy afsaal by hierdie 4-ster-gastehuis in Paternoster se sanderige wildernis, sal jy voel hoe 'n salige afsondering op jou toesak. Die skilderagtige ou vissersdorpie, Paternoster, langs die Weskus, staan alombekend as die St Tropez van Suid-Afrika. Geniet perfekte verblyf aan Suid-Afrika se Weskus

Die volgende kamers is beskikbaar:
* Wit Mossel: Dit kyk noord en het 'n dubbelkamer met koningingrootte-bed op die grondverdieping van die oostelike vleuel. Daar is 'n pragtige uitsig oor die see van die privaat patio.
* Swart Mossel: Met 'n oos-aansig het dié ruim dubbelkamer 'n koninggrootte-bed op die grondverdieping van die oostelike vleuel. Kyk uit oor 'n pragtige, inheemse fynboslandskap van die privaat patio.
* Oester: oorweldigende dubbelkamer met koningingrootte-bed op die boonste verdieping van die oostelike vleuel. Asemrowende uitsig vanaf 'n privaat stoep terwyl jy 'n skemerkelkie geniet.
* Perlemoen: verfrissende dubbelkamer met 2 enkelbeddens (kan ook as koninggrootte-bed ingerig word) op die boonste verdieping van die oostelike vleuel. Bekend vir sy uitsigte oor die pragtige sonsopkoms.
* Kom ervaar en geniet ook akkommodasie soos die Amerikaanse Apaches dit gedoen het in ons landelike, dog luukse Indiaanse Tipi-tent. Wigwam Moon Rising is in die fynbosvelde so entjie van die hoofhuis geleë. Kom krul op in die agthoekige bed en luister na die natuurgeluide terwyl jy na pragtige sterrehemel kyk deur die dakvenster.

Alle kamers het hulle eie ingange, 'n en suite of Wigwam-badkamer met 'n stort, plafonwaaier in Wit Mossel en Oester, staanwaaier in Wigwam Rising Moon, kluis (behalwe Perlemoen), hoëtroustel (behalwe Perlemoen), TV (behalwe Wigwam), haardroër, linne, handdoeke, swemhanddoeke, kroegie (behalwe Perlemoen), koffie- en teemaakgeriewe, gratis gebruik van WiFi, braaitoerusting, alarmstelsel, voldoende parkeerplek en 'n privaat patio (behalwe Perlemoen).

Rook word nie in enige van ons kamers toegelaat nie. Jou gasheer en gasvrou, Marion en Deon, is Engels, Duits en Afrikaans magtig.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Farr Out gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 260 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za